“Bloedsusters” sê plaasmoorde is wreder

Geweld teen slagoffers van plaasaanvalle is glo baie erger as wat die publiek ooit kan raai.

Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) het Disndag ʼn verslag oor plaasmoorde bekendgestel. Eileen de Jager en Roelien Schutte, twee susters wat landswyd misdaadtonele skoonmaak, het by dié geleentheid gesê daar is ʼn opmerklike toename in uiterste geweld tydens plaasaanvalle, berig Beeld.

Die susters meen dat, indien die publiek besef wat werklik tydens sulke aanvalle gebeur, dit gemeenskappe sal laat wakker skrik en mobiliseer om meer paraat op te tree. “Slagoffers word gewoonlik gemartel voordat hulle agter motors aan gesleep word, of hulle word met kookwater vermink,” het De Jager gesê.

Lorraine Claassen, ʼn kriminoloog, het gesê dit is onrusbarend dat plaasaanvalle steeds nie in ʼn ernstige lig beskou word nie. “Die uitermatige vrees wat mense beleef wanneer hul lewens in die hande van aanvallers is, is verlammend en onbegryplik. Niemand verdien om op só ʼn barbaarse, onmenslike, en perverse wyse vermoor te woord nie,” het Claassen gesê.

Volgens dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), is die kans twee keer groter vir ʼn boer as ʼn polisieman om vermoor te word.

Klik hier om die verslag wat bekendgestel is, te lees.

ʼn Boek oor die twee susters is onlangs deur Ilse Salzwedel geskryf. Klik hier om meer oor die boek Bloedsusters te wete te kom, en klik hier om ‘n uittreksel uit die boek te lees.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.