Bloedvoorraad in die rooi

Argieffoto

Die Nasionale Bloeddiens (SANBD) het Dinsdag ʼn waarskuwing uitgereik dat sy bloedvoorraad ‘n kritieke laagtepunt bereik het.

Volgens die SANBD moet hy minstens 3 000 eenhede bloed per dag invorder. Dié doelwit word egter nie behaal nie en die tekort word toegeskryf aan die skool- en universiteitsvakansies asook die koue weer.

Die invorderings het nou so drasties gedaal dat die bloedvoorraad op minder as ‘n dag se voorraad neerkom.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

blameer dit op mense wat nie skenk nie. niks met BEE te doen nie tjopper!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.