Bloedvoorraad is min

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het Vrydag gesê hul bloedvoorraad is min en doen veral ʼn beroep op nuwe skenkers of mense wat lanklaas bloed geskenk het, om die naweek bloed te skenk.

“Ons het tans twee dae se voorraad bloedeenhede tot ons beskikking. Ons benodig egter vyf dae se voorraad om optimaal te funksioneer,” het Ivor Hobbs, ʼn bemarkingskonsultant van die bloeddiens, aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê nagenoeg 3 000 eenhede bloed word per dag benodig, en die feesgety eis sy tol, aangesien gereelde skenkers soos studente en skoliere dan met vakansie is.

Hy het gesê die bloeddiens verwag dat die bloedvoorraad volgende week weer sal toeneem wanneer die vakansie verby is, maar dat ʼn moeilike naweek voorlê met talle motoriste wat van hul vakansiebestemmings terugkeer huis toe.

“Ons versoek nuwe skenkers en skenkers wat lanklaas bloed geskenk het om die naweek bloed te skenk en ten minste vier keer vanjaar bloed te skenk. Ons bedank ook ons gereelde skenkers vir hul ondersteuning.”

Een skenking kan drie mense se lewens red. Hy het gesê veral mense met die O-bloedgroep se bloed is in aanvraag omdat mense van dié groep bloed aan mense van elke ander bloedgroep kan skenk, en dit die meeste in noodgevalle gebruik word.

Mense wat wil uitvind waar hulle bloed kan skenk kan die tolvrye nommer 0800 119 031 bel, of jou naam en poskode per SMS na 31454 stuur. Inligting is ook op hul webwerf www.sanbs.org.za beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eben ·

Ivor Hobbs julle stel nie meer blankes aan nie, nou vra die die mense wat julle aanstel, om hulle broers en suster te vra om te skenk, of is julle bank HIV word daardeur versprei? Nou is die blanke se bloed nodig …..

Leza Stevenson ·

Well said Eben. :) Was ‘n gereeld bloedskenker, maar hoekom die moeite doen as ons nie goed genoeg is om as werknemers aangestel te word nie.

Ria Maritz ·

Eben en Leza, ek stem saam met beide van julle. Sou dit nie goed wees indien almal wat spesifiek Desember-maande met vakansie gaan, vooraf bloed skenk nie ? Voel vry om van my te verskil ;)

Eben ·

Ria die hele omstandighede in die land skep negetiwiteit (spelling) want om elke draai en hoek hoor en lees ons van zuma en zumaville. Dan is die die polisie (metro) wat mense skiet wat piesangs verkoop op straat en so kan mens aangaan. Die groot meerderheid is die nie-blankes wat bloed benodig want dis hulle wat in die meeste padongelukke kom via taxi’s ens. Dus hoekom moet ek help …. vir wat? Maar kan ek jou vertel daar was nog nooit in die geskiedenis van Suid Aapland soveel rassime soos tans. Dus …. laat hy self skenk en klaar kry, as daar nie is ….. wel dan moet hy nie weer taxi ry! :-)

Justi ·

Ria, Eben en Leza, ek stem saam julle.
Ek persoonlik sal nie weer bloed skenk nie.
My bloed is goed genoeg maar my velkleur nie. Nie vir werk nie en daar word op blankes neergesien as die “onderdrukers” ens…..ens.
As ons as blankes nie goed genoeg is vir werk nie en so sleg is….wat wil hulle met ons bloed maak?

Ria Maritz ·

Glo my, ek stem steeds 100% saam met jou en die ander lesers hier, ek meen, ek skenk self nie bloed nie, maar vir mediese redes.

Leonie ·

Het hulle geskakel om te hoor waar mens kan skenk want ek is O+ maar vandat daai een die foon opgetel het en dit klink nie eers of sy weet hulle kort bloed nie het ek my vervies!! Net by 3 malls in Jhb blykbaar so sorry julle gaan nie my bloed kry nie. As mens julle kontak en jy druk “2” vir afrikaans word ons afgesny maar as jy “1” druk vir engels word jy gehelp. Wonder hoekom nê!!

Ria Maritz ·

Leonie – daar was juis verlede week ‘n artikel hier geplaas waar Mnr Spies (AfriForum) ‘n klag gaan le het omdat die SAP aanklagkantoor geweier het om sy verklaring in Afrikaans af te neem – wys net weer, ons is GEREGTIG daarop om in ons moedertaal bedien te word – PUNT ! Ek deel ook jou sentiment hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.