Jean Greyling (28), ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, is Maandag skuldig bevind aan brandstigting, het Volksblad Dinsdag berig.
Greyling het skuldig gepleit op aanklagte van brandstigting nadat hy in die Bloemfonteinse streekshof verskyn het in verband met die brand by die Emoy-landgoed, naby Bloemfontein.
“Dit het my hart gebreek om my toekomstige vrou die heeltyd in trane te sien,” het Greyling in sy pleitverklaring gesê. Hy erken hy het die trousaal in die vroeë oggendure van 27 Julie aan die brand gesteek. Die troue is glo die vorige dag gekanselleer nadat deposito’s nie betaal is nie.
Greyling het in die hof getuig dat hy nie gedink het die hele gebou verwoes sou word nie. Hy het self die polisieondersoekbeampte ʼn week ná die voorval gebel om sy skuld te erken. Greyling sal na verwagting volgende maand gevonnis word.
Die brand het meer as R3,5 miljoen se skade aangerig
Greyling het intussen met sy vrou, Lianne, by ʼn restaurant by Bloemfontein se Loch Logan Waterfront getrou.
– SAPA
Lees ook:
Bruidegom brand trousaal af
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
En so verbrand hy toe sy vingers ook
Hier is een rammetjie uitnek wat nie sy humeur kan of wil beteuel nie. Na dese sal hy seker.
Hier sit hy nou met skuld van R3 miljoen wie gaan dit betaal? Hy het nie eers geld vir n troue gehad nie.
Hoop die honeymoon loop darem beter af.