Bloem-bruidegom skuldig aan brandstigting

Jean Greyling (28), ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, is Maandag skuldig bevind aan brandstigting, het Volksblad Dinsdag berig.

Greyling het skuldig gepleit op aanklagte van brandstigting nadat hy in die Bloemfonteinse streekshof verskyn het in verband met die brand by die Emoy-landgoed, naby Bloemfontein.

“Dit het my hart gebreek om my toekomstige vrou die heeltyd in trane te sien,” het Greyling in sy pleitverklaring gesê. Hy erken hy het die trousaal in die vroeë oggendure van 27 Julie aan die brand gesteek. Die troue is glo die vorige dag gekanselleer nadat deposito’s nie betaal is nie.

Greyling het in die hof getuig dat hy nie gedink het die hele gebou verwoes sou word nie. Hy het self die polisieondersoekbeampte ʼn week ná die voorval gebel om sy skuld te erken. Greyling sal na verwagting volgende maand gevonnis word.

Die brand het meer as R3,5 miljoen se skade aangerig

Greyling het intussen met sy vrou, Lianne, by ʼn restaurant by Bloemfontein se Loch Logan Waterfront getrou.

– SAPA

Lees ook:
Bruidegom brand trousaal af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leana ·

Netso stoere Boer! Hoe beplan ‘n mens ‘n troue as jy WEET daar is nie geld om vir alles te betaal nie.

H J Bester ·

Daar is deurgaans ‘n gebrek aan kennis by meeste instansies wanneer kredietgewing en betaalmetodes toegepas moet word – een van die redes waarom massas mense, bo hul vermoë, vrot is van die skuld.

Alvorens instansies nie gesonde kredietpraktyke toepas nie, sal optrede van, onder andere, die aard van ‘n Jan Greyling nie einde kry nie.

Willy ·

Hier is een rammetjie uitnek wat nie sy humeur kan of wil beteuel nie. Na dese sal hy seker.

frikkie ·

Hier sit hy nou met skuld van R3 miljoen wie gaan dit betaal? Hy het nie eers geld vir n troue gehad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.