Bloem-dokter aangekla van seksuele misdrywe

stetoskoop-225x225toʼn Tweede vrou het ʼn klag van seksuele aanranding teen ʼn 32-jarige dokter van Bloemfontein aanhangig gemaak, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.

Volgens kapt. Chaka Marope het ʼn 28-jarige vrou na vore gekom nadat sy in ʼn koerant gelees het dat die dokter in verband met die verkragting van ʼn ander vrou in hegtenis geneem is.

Volgens Marope het die vrou aan die polisie gesê dat sy in Mei by die dokter se spreekkamer was. Sy beweer hy het haar ʼn inspuiting gegee wat haar duiselig en vaak gemaak het. “Toe sy wakker word, was sy verras om haarself glo naak te sien, met die dokter bo-op haar,” het Marope gesê. Weens haar gemoedstoestand kon sy glo nie onthou of sy ook verkrag is nie.

Na afloop van die beweerde daad het die vrou aan erge depressie begin ly en word sy al vier maande lank in die Bloem Care-mediese sentrum behandel vir traumaberading.

Die dokter is oor die naweek in hegtenis geneem nadat ʼn 45-jarige vrou beweer het dat sy hom Saterdag by sy spreekkamer besoek het. Sy beweer die dokter het hardhandig haar klere uitgetrek en haar verkrag. Ná die voorval is sy huis toe waarna sy die polisie ontbied het.

Die dokter is dieselfde dag in hegtenis geneem en het op 15 Oktober in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Die dokter is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 22 Oktober uitgestel. Die dokter se naam mag nie genoem alvorens hy gepleit het nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justi ·

Goeie genade! N dokter wat dit doen? Sies die varknek moet verwyder word van die samelewing. Maak mens bang om n dokter te besoek.

Henry Oltman ·

Ek verstaan nie hoe ‘n landdros slegs R2 000 borg toestaan nie, dit is ‘n klap in die gesi van die klaers. Nie so lank terug nie was die doodstraf nog opgele vir verkragting. R2 000 borg stuur ‘n boodskap uit dat verkragting nie ‘n ernstige misdaad is nie.

Chris ·

Die dokter is seker maar net n Ginekoloog of miskien gee hy seksvoorligting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.