Bloem-ma gevonnis wat eie seun verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Bloemfontein wat skuldig bevind is daaraan dat sy haar tienerseun herhaaldelik verkrag het, is Vrydag in die Bloemfonteinse hof vir seksuele misdrywe gevonnis.

Landdros Jan Greyvenstein het die vrou tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Maroela Media het vroeër berig die vrou het haar seun herhaaldelik tussen 11- en 17-jarige ouderdom verkrag.

Die ma (51) is in Oktober skuldig bevind aan die verkragting van haar seun. In haar verklaring het sy erken dat sy haar tienerseun van Desember 2007 tot Januarie vanjaar verkrag het.

Die hof het vroeër aangehoor dat sy self vir bykans 40 jaar lank deur vriende en familielede verkrag is en dat sy eintlik self ook ʼn slagoffer is.

Haar naam word nie bekend gemaak nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm.

Lees ook:
Staat eis lewenslank vir ma wat seun verkrag
Bloem-ma wat seun verkrag is self mishandel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize Mans ·

Hoe kry n Moeder dit reg.Waar is die respek vir haar seun.Nee,die wereld is seker op sy einde.Sy moet sekerlik ernstig versteurd wees.

brampie ·

Lewenslank, wow, en wat van al die swartes wat verkrag en moor? Hulle kry net ‘n paar jaar. Hoe werk dit dan?

Tinkie ·

Ag nee man, ek is werklik te geskok om behoorlik te kan dink.
Lewenslank sal nooit lank genoeg wees vir enige verkragter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.