Bloem-ma wat seun verkrag is self mishandel

Argieffoto

Argieffoto

‘n Ma van die Vrystaat wat skuldig bevind is aan die verkragting van haar tienerseun is self deur familie en vriende seksueel gemolesteer, het die streekshof Dinsdag gehoor.

Die vrou se NG Kerk-dominee het ter versagting van haar vonnisoplegging voor Jan Greyvenstein, streekslanddros, getuig. Hy sê hy het die vrou ontmoet net voordat sy in Maart in hegtenis geneem is en sy was baie emosioneel. “Sy het gesê sy weet sy is verkeerd en sy het diep berou getoon,” het die dominee gesê. Die dominee se naam kan nie bekend gemaak word nie, aangesien dit die seun kan help identifiseer.

Hy sê die ma wou met haar seun praat en in daardie stadium sy vergifnis vra, maar sy kon nie. Die seun is toe reeds uit die huis geneem en het by familie gebly. “Sy het alles erken en gesê sy sal enige vonnis aanvaar wat die hof mag oplê,” het die dominee gesê.

Die ma (51) van Bloemfontein is Maandag skuldig bevind aan die verkragting van haar seun. In haar verklaring het sy skuld erken. Sy het erken dat sy die 17-jarige seun van Desember 2007 tot Januarie vanjaar verkrag het.

Die verkragting het in Januarie aan die lig gekom toe die seun sy storie aan ‘n sielkundige vertel het.

Die dominee het aan die landdros gesê die vrou is bereid om tronkstraf uit te dien, maar sy is ook ‘n slagoffer, het hy gesê. “Sy was as ‘n jong meisie ook ‘n slagoffer.” Hy voer aan lewenslange tronkstraf sal nie in die beste belang van die seun of sy ma wees nie. “Ek dink nie lewenslange tronkstraf is regverdig nie. Wat met haar as dogtertjie gebeur het, is ook nie regverdig nie.”

Hy sê die vrou is bykans 40 jaar lank mishandel. Die dominee sê haar straf moet sielkundige behandeling vir die seun en ma afsonderlik insluit wat uiteindelik tot vergifnis en versoening kan lei. “Hulle is altwee baie hartseer oor wat gebeur het.”

Die hof het gehoor dat die familie sedert 2001 deur huweliksprobleme, erge depressie en werkloosheid geteister is.

Vonnisoplegging sal Woensdag hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

pikkie ·

Maak nie saak of sy self deur so iets was nie, n ma doen nie so iets nie! Van geen aard nie !! Sy was dan self daar deur sy weet hoe leeg en alleen ,skaam , seer en magteloos mens voel hoekom haar kind daar deur sit ??

Anton Bosch ·

Regtig Pikkie? Kan jy in haar psige sien? Kan jy sien wat sy dink, voel, ervaar? Nee wat boetie, klim van jou troontjie af. Heo kan jy net simpatie hê vir een slagoffer?

Ingrid ·

Yep, sy moet die doodstraf kry. Wat sy aan haar arme kind gedoen het, gaan my verstand te bowe. En om te dink sy het dit vanaf 2007 gedoen. In my opinie was dit fyn beplan. Vieslike ding! My hart gaan uit na die arme kind! Ag, soveel hartseer!

Anton Bosch ·

Hoe hoog bo ons almal is jou regstroontjie Ingrid? Hoe hoog bo die Vader s’n? As sy nou in die hof was as aanklaagster van haar pa/oom/wie ookal haar vir 40 JAAR seksueel mishandel het, sou jy haar dan ook die doodstraf opgelê het? Soos die Moslems doen? ‘n Ou Indiaanse gesegde kom by my op: “Grant that I may not criticize my neighbour until I have walked a mile in his moccasins!”

Jasper ·

Wat sy gedoen het is skokkend. Sy het erken en het berou en aanvaar haar straf. Die maat waarmee ons oordeel, sal ons mee geoordeel word.

Gerda ·

Ek jammer ek het geen simpatie met die ma nie!!!! Daar is baie mense wat seksueel gemolesteer is as kinders en hulle doen dit nie aan hulle kinders nie!!!! Dit word net as verskoning gebruik.

Peet ·

Ek wil net vir Anton Bosch vra of hy enigsins gekwalifiseerd is na gelang van sy opmerkings hierbo. Ek is nie, maar ek het wel talle van hierdie sake ondersoek en deur die howe gesien. Ons moet besef dat enige daad het gevolge. Die gemeenskap wil die gevolge sien en so ook die slagoffer. Ek glo nie enigeen sit op ‘n regstroontjie nie as hy/sy die ergste moontlike straf as gevolg wil sien nie. Almal soek geregtigheid. Die seun het geen beheer gehad oor wat met hom gebeur het nie. Dink bietjie aan SY lewenslange wroeging.

MINKI ·

nee wat ek stem saam pikkie,sy weet mos van beter sy het self deur dit gegaan!!!!sy moet uit ha ervaring n beter lewe vir ha kind wil gee sodat hy nie die selfde hartseer en pyn deur sy hele lewe gan nie!dit het daai kind se hele lewe op geneek,hoe gan daai kind ooit n gelukige huwelik met sy vrou he eendag??nee wat,lewenslange tronk straf asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.