Bloem-man gevonnis vir swanger meisie se moord

Argieffoto

Quewin Coetzee (31) van Bloemfontein is Woensdag deur die Vrystaatse hooggeregshof tot 21 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy swanger meisie vermoor het.

“Coetzee het Celeste Fraser-Carson (28) in Februarie 2012 vermoor,”het Phaladi Shuping, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA), gesê. Hy het haar liggaam in ‘n vlak graf naby Naval Hill in Bloemfontein begrawe.

“Die liggaam was in so ver ontbind dat die oorsaak van haar dood nie bepaal kon word nie. Die ma van die oorledene moes haar aan haar onderklere uitken,” het Shuping gesê.

Coetzee het aan die hof gesê hy is saam met Fraser-Carson na Naval Hill vir ‘n uitstappie. Hulle het glo begin stry en hy het vir haar ‘n koffie met 24 slaappille ingegee. Sy het haar bewussyn verloor en het later, toe Coetzee haar probeer wakker maak het, nie haar bewussyn herwin nie. “Hy was bang en het haar liggaam in die motor se kattebak gelaai,” het Shuping gesê.

Hy het toe al haar klere uitgetrek en in haar onderklere begrawe. Hy het haar selfoon gebruik om ‘n SMS aan haar ma te stuur dat alles reg is en dat sy saam met ‘n vriendin kuier, het Shuping bygevoeg.

Coetzee het voor sy verhoor twee keer uit polisie-aanhouding ontsnap. Op 1 Maart verlede jaar het hy ontsnap toe hy die polisie gaan wys het waar hy haar begrawe het. Hy is dae later in Graaff Reinet, in die Oos-Kaap, aangekeer, en is toe na Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein geneem.

Coetzee het ‘n prokureur later dieselfde maand R4 000 betaal om dokumentasie voor te berei dat borg toegestaan is. Hy is vrygelaat op die aanname dat borg toegestaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lorayne ·

Mag hy salig vrot in die tronk sonder om in aanmerking te kom vir parool!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.