Bloem-man skiet glo sy vorige baas

Argieffoto

Argieffoto

Nico de Jager en Shaun Swanepoel is Donderdag in die Hamilton-nywerheidsgebied in Bloemfontein deur ʼn voormalige werknemer geskiet.

“ʼn Voormalige werknemer het omstreeks 07:30 ʼn onderneming in Piet Humanweg betree,” het kol. Annelie Wrench, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die 59-jarige man het ʼn brief aan De Jager, sy voormalige bestuurder, in sy kantoor oorhandig. Die toesighouer was ook teenwoordig. Hy het toe ʼn 9mm-pistool te voorskyn gebring en De Jager in die been geskiet.”

Swanepoel, die toesighouer, is ook gewond.

Die man het weggehardloop, maar het homself kort daarna by die Mangaung-polisiestasie oorgegee. Die motief vir die skietery word nog ondersoek.

“Een man is ernstig beseer en ʼn ander het matige beserings opgedoen,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Altwee mans is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Sjoe, die baas moet seker ‘n VERSKRIKLIKE MENS wees, want mens skiet nie sommer jou baas of voormalige baas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.