Bloem-man sterf terwyl hy bakkie was

ʼn Man in sy veertigs is Saterdag in Bloemfontein dood ná ʼn fratsongeluk terwyl hy ʼn bakkie gewas het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 08:00 in Petagonpark plaasgevind. “Na wat verneem word, was die man besig om ʼn vriend se bakkie te was, toe die voertuig skielik agteruit begin beweeg het. Die bakkie het die man teen ‘n muur vasgepen,” het Banks gesê.

Die man is op die grond aangetref toe paramedici op die toneel gekom het. Die bakkie is intussen vorentoe getrek in ʼn poging om die man se lewe te red. “Die man was ongelukkig reeds dood. Hy is vermoedelik weens borsbeserings oorlede,” het Banks gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied en die saak word verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.