Bloem-mans vas ná hulle glo tienerseuns martel

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee tienerseuns, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, van die Kwaggafontein-kleinhoewe buite Bloemfontein het veelvoudige beserings opgedoen na hulle glo vir ʼn geruime tyd lank gemartel en aangerand is. Die twee is na bewering vir 22 ure lank aangehou deur ʼn groep mans wat hulle van diefstal aangekla het. In dié tydperk is hulle glo erg gemartel en geforseer om met mekaar seks te hê.

Kapt. Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het Donderdag gesê die seuns is gemartel nadat ʼn werker van die BM Beton-maatskappy in Kwaggafontein vermoed het die twee seuns het sy selfoon en klere gesteel. “Die man het verlede Donderdag omstreeks 09:00 sy kollegas aangehits en die seuns by hul ouerhuis aangekeer,” het Marope gesê. “Die seuns is teen hul wil na die maatskappy se perseel geneem waar hulle in ʼn stoorkamer toegesluit is. Die mans het beurte gemaak om hulle met die vuis te slaan en met hul stewels te skop. Die seuns beweer ook dat hulle met ʼn hamer teen die kop geslaan is, geskok en met yswater gegooi is.”

Die slagoffers beweer die ergste vernedering was toe hulle moes dagga rook, bier drink en later ʼn houertjie Vaseline gegee is, waarna hulle forseer is om met mekaar seksuele omgang te hê terwyl die ander mans toegekyk en die daad glo met ʼn selfoon afgeneem het.

“Die seuns se nagmerrie en vernedering het tot die volgende dag aangehou toe hulle omstreeks 11:00 vrygelaat is. Weens hul veelvoudige beserings het hulle drie dae lank mediese behandeling by hul huis ontvang. Hulle het die saak Dinsdag by die polisie aangemeld.”

Marope sê die polisie het vir twee dae onophoudelik gewerk om die beweringe te ondersoek. “Die polisie het Donderdagoggend ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek en nege mans, tussen die ouderdom van 22 en 47 jaar oud, in hegtenis geneem. Die mans moet binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer en seksuele aanranding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sommer net ek ·

Ek weet nie ….die hele vaseline ding klink vir my uit verband geruk…maar dan daai deurbraak kan die selfon video wees…!

Paul Smith ·

As dit blankes is, verf hulle swart en gee hulle vir Zuma. Enige blanke wat so laag daal is niks beter nie!!

sarie wentzel ·

Ek voel dis onnodig,en as dit blankes is wat dit gedoen het,ek kry skaam vir die biki van ons wat oor is,waar is julle maniere en opvoeding heen.ek hoop julle betaal ‘n duur prys.Seuns sterkte ,die wiel draai.

Robert Sharp. ·

Siek verby. Wat word van ons land en sy mense ?
Wel gedaan aan die poliesie lede betrokke.
Ek hoop dat die howe hul werk behoorlik sal doen en geen borgtog aan die verskonings wat hulself mense noem sal toestaam nie.
Robert Sharp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.