Bloem-paartjie vermis; los selfmoordbrief

Liza Hugo word vermis saam met haar vriendin, Mariske Groenewald. Foto: Facebook.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor waar ʼn Bloemfontein-paartjie hul mag bevind, om na vore te kom.

Dit volg nadat die paartjie, Mariske Groenewald (26) en Lisa Hugo (32), Saterdagaand by die polisie as vermis aangemeld is.

Hulle is Saterdagoggend vir die laaste keer gesien en is die aand deur hul gesinne as vermis aangemeld nadat Hugo se pa, Duart, glo ʼn selfmoordbrief in haar Bybel gevind het. Die twee is in ʼn verhouding en het glo ʼn selfmoordpakt gemaak. Volgens die polisie mag die paartjie nog in Bloemfontein wees. Hulle ry in ʼn wit Chery QQ met die registrasie nommer van DZC124 FS.

Mense met inligting oor waar die vroue hulle mag bevind, kan Ao. Herman Coetzee skakel by 083 454 9299.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.