Bloem-polisie waarsku oor nuwe rooftendens

bloemfonteinDie Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein wil die publiek waarsku oor ʼn nuwe tendens wat kop uitsteek.

Kapt. Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het gesê ʼn groep van drie of vier bruin mans ry met ʼn wit Citi Golf in die stad se middestad, Westdene, Oranjesig, Brandwag en Willows rond en hulle kan moontlik verbind word aan ʼn reeks gewapende rooftogte.

“Hulle modus operandi is om hul voertuig stil te hou en te maak asof hulle vir aanwysings vra en dan oorval hulle die slagoffer onverwags. Hulle dreig dan die slagoffer met ʼn mes en besteel hulle van waardevolle items soos selfone, beursies, handsakke en juweliersware,” het Marope gesê.

Die Parkweg-polisiestasie het reeds ses klagtes van soortgelyke voorvalle in die afgelope week ontvang.

Die polisie het inwoners van Bloemfontein gemaan om ten alle tye paraat te wees en versigtig te wees wanneer hulle waardevolle items in die openbaar dra. Mense wat die verdagte voertuig gewaar word gevra om die polisiestasie by 051 507 6000 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Philip de Lange ·

Waar is die Polisie se misdaadvoorkomingseenheid? Hulle behoort hierdie tipe tendense d.m.v. proaktiewe polisiering aan te spreek. Die Polisie weet nou al ‘n geruime tyd van die tendens en mens kan net wonder wat al hieromtrent gedoen is. Dit kan mos nie van die speurders verwag word om alles te doen nie.

Chris Maloney ·

Ek sal daarvan hou om te weet hoeveel “polisie voertuie het al by hulle verby gery sonder om by vier mans en ‘n wit VW Golf wat aan die beskywing voldoen, te dink,of daar te stop!

tania ·

Dankie dat die polisie die media gebruik om ons bewus maak van hierdie tendens. Mens konsentreer nie altyd op straat nie, en dink die woonbuurt is veilig! Kyk uit!

Fanie ·

Misdaad en midadigers geniet V.I.P. Voorkeur in Bloemfontein, ek het gesien hoedat lede van SAPS net gekyk het hoedat rowers by Makufe iemand beroof en hulle het dood eenvoudig weg gekyk en aangestap

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.