Bloem-skoolseun beseer in tref-en-trap

Argieffoto:ER24

Argieffoto:ER24

ʼn 15-jarige seun van Bloemfontein is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagoggend in Nelson Mandelaweg in Bloemfontein op pad skool toe deur ʼn voertuig getref is.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die seun wou die pad oorsteek toe die voertuig hom getref het. “Die seun het verskeie bene gebreek en het kopbeserings opgedoen. Sy oorskulp is ook gedeeltelik afgeskeur,” het Majija gesê.

Die seun is op die toneel gestabiliseer en na die MediClinic Bloemfontein geneem vir verdere behandeling.

Volgens paramedici was die voertuig nie op die toneel toe hulle daar aangekom het nie. Die polisie ondersoek die voorval. Dit is in die stadium nie bekend van watter skool die tiener is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.