Bloem-storm veroorsaak noodlottige ongeluk

Foto: ER24

ʼn Storm wat Dinsdag om Bloemfontein gewoed het, het ʼn man se lewe gekos nadat ʼn boom op ʼn vragmotor geval het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê 18 konstruksiewerkers is op die agterkant van ʼn 10 ton-vragmotor vervoer toe ʼn groot boom daarop geval het.

“Die vragmotor het in Waverleystraat gery toe die boom net ná Milnerstraat daarop geval het. Die impak het verskeie werkers uit die vragmotor geslinger en een man ernstig beseer,” sê Jackson.

“Pogings om die man te red was onsuksesvol en hy is op die toneel dood verklaar. Drie van die mans het matige beserings opgedoen en die ander 14 is gering beseer. Al 17 werkers is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.