Bloem-tiener doodgesteek

Argieffoto

ʼn 19-jarige tiener van Bloemfontein is Saterdag met ʼn skerp voorwerp doodgesteek nadat hy hom teen ʼn groep mans, wat sy beursie en selfoon wou steel, verset het.

“Zenzile Nqolo en Thabang Mohata is Saterdag deur ʼn groep gewapende mans aangeval. Die groep verdagtes het op die twee slagoffers se beursies en selfone aangedring toe hulle ʼn plaaslike kroeg verlaat het,” het kapt. Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“Nqolo het hom verset en het probeer terugveg, waarna hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is,” het Marope gesê.

Mohata kon daarin slaag om te ontsnap en het die polisie, wat die omgewing patrolleer het, ontbied.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.