Bloem-tronk weer normaal ná onluste

Argieffoto

Argieffoto

Die situasie by die Mangaung-gevangenis is weer kalm en onder beheer.

Nagenoeg 311 tronkbewaarderes, van ʼn private veiligheidsmaatskappy, by die tronk se maksimumsekuriteit-afdeling is sedert verlede Donderdag op ʼn onbeskermde staking.

“Die gevangenis se bestuur moes mannekrag van buite die stad ontbied om die situasie te beredder,” het Andy Baker, hoof van die veiligheidsmaatskappy G4S Africa, gesê. “Ons het genoeg hulpbronne van regoor Suid-Afrika wat ons kan gebruik. Ons het nagenoeg 13 500 voltydse veiligheidsbeamptes in die land,”

Onluste het Maandagaand in sommige dele van die gevangenis uitgebreek, en die bewaarders aan diens moet bontstaan om dit onder beheer te kry.

“Ons het ‘n uitsonderlike reaksiespan vir sulke situasies en die oproer is binne 30 minute onder beheer gebring,” het Baker gesê.

Die gevangenes het komberse aan die brand gesteek, toilette gebreek en sowat 40 porseleinwasbakke beskadig om as wapens te gebruik. Een gevangene is in die onluste beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word.

Die onluste was teen 19:00 onder beheer.

Die staking duur voort en Baker het gesê die moontlikheid bestaan dat die stakers hul werk kan verloor. Die stakers staak oor loongeskille en weens ʼn kollega wat afgedank is omdat hy met die onderhandelinge ingemeng het en sy kollegas oproerig gemaak het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Los die wetters – GEEN komberse, GEEN toilette, grou ‘n longdrop en siedaar !

Trippie ·

Geen boudservette – gee hulle doringdraad, mos gewoond alles deur hul geute trek.

Willy ·

En Trippie, oral teen die selmure sal die syfer 111 geskryf staan.

Willy ·

Laat hulle bietjie voel hoe skeur alles oop wanneer hulle die go karts ry soos ons hulle gery het in die weermag.
Na dit sal hulle voor gebruik eers kniel en eer betoon aan die spoeltoilette en dit met respek behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.