Bloem-tronkbewaarders staak

Argieffoto.

Argieffoto.

Tronkbewaarders van die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein het Woensdag aan ʼn onbeskermde staking begin deelneem.

Joe Maako, die gevangenis se besturende direkteur, het Donderdag gesê die bewaarders staak nadat een van hul kollegas Maandag geskors is. Die bewaarders word deur ʼn privaatveiligheidsmaatskappy aangestel en betaal.

“Die bewaarder wat geskors is, word van intimidasie aangekla en dat hy bewaarders beïnvloed het tydens loononderhandelinge,” het Maako gesê.

Die staking het Woensdag begin. Donderdag het slegs ʼn handjievol van die gevangenis se 400 bewaarders vir diens opgedaag.

Volgens Maako sal die bewaarders Donderdag met hul werknemer vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.