Bloem-vrou by waterfront aangeval, vir dood agtergelaat

Lauré Amicke van Rensburg. Foto: Facebook

Lauré Amicke van Rensburg (21) is Saterdagaand deur rowers in Bloemfontein met ʼn skroewedraaier of mes gesteek en vir dood agtergelaat.

Die aanval het by die gewilde Loch Logan-waterfront plaasgevind, het Volksblad Maandag berig. Van Rensburg het van die waterfront af na die nabygeleë Protea Willow Lake-hotel gestap, toe die rowers haar naby die dieretuin aangeval het.

Van Rensburg het gesê sy verstaan nie hoekom haar aanvallers haar seergemaak het nie, want sy het alles vir hulle gegee waarop hulle aangedring het – haar geld, handsak en selfoon.

Sy word in die Pelonomi-hospitaal behandel nadat een van haar longe tydens die aanval beskadig is. Haar aanvallers het haar van agter af met die skerp voorwerp gesteek.

Verbygangers het Van Rensburg gehelp nadat sy van die rowers af weggehardloop het. Haar helpers het haar na ʼn vriend by die hotel geneem, waar haar pa haar in ʼn plas bloed aangetref en na die hospitaal gehaas het.

Meryl Henning, die woordvoerder van die Loch Logan-waterfront, het gesê die aanval op Van Rensburg is ʼn groot bekommernis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

andre wilmans ·

absolutely terrible. Until the usless saps start doing day and night foot patrols, nothing will improve. But then again the cops are scared beyond cowardice of being attacked themselves. usless lot.

jacques steinman ·

Dit sal my noodsaak dat my dogter en maats definitief nie saans soontoe gaan nie,indien we’ll dan met toesig..wa was die sekt beamptes?”Dis n groot bekommernis” van die waterfront se woordvoerder is nie goed genoeg nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.