Bloem-vroue takel prostitute met sambokke

ʼn Klein Bloemfonteinse gemeenskap het oorlog teen prostitusie in hul woonbuurt verklaar.

Volksblad berig twee vroue het Woensdag tussen prostitute in hul woonbuurt, Noordhoek, ingevaar en hulle met ʼn sambok bygedam. Die koerant het onlangs verslag gelewer oor ʼn inwoner wat onlangs begin het om met ‘n kamera die straatvroue en hul klante af te neem. Die vrou het glo ook die voertuigregistrasienommers begin neerskryf. Sy het gesê sy is “moeg vir die prostitute wat hulself aan mans en selfs seuns in die woonbuurt ontbloot”.

Na die artikel verskyn het, het verskeie inwoners van die gebied by haar “oorlog” aangesluit.

ʼn Tuinwerker het Woensdag gesien hoe twee vroue uit ʼn swart Volkswagen Citi Golf klim en die prostitute slaan. Die prostitute het weggehardloop. Hy sê verskeie voertuie het die afgelope twee weke daar gestop om die vroue te verjaag.

Hul klante is glo aansienlik minder.

Klik hier om die volledige storie te lees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.