Bloemfontein-boer op plaas vermoor

ʼn Boer van Bloemfontein, Thomas Ferreira (54), se lyk is Sondagaand op sy plaas buite Bloemfontein gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Chaka Marope, sê Ferreira se liggaam is Sondagaand, glo enkele minute nadat hy doodgeskiet is, deur sy suster Michelle gevind. Marope sê Ferreira het glo omstreeks 21:00 Sondagaand by die huis gekom en is doodgeskiet terwyl hy besig was om die kombuisdeur oop te sluit. Marope sê Ferreira is drie keer geskiet en is op die toneel dood. Ferreira se selfoon word vermis. Hy sê dit is nog nie duidelik hoeveel mense by die aanval betrokke was nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Ferreira is volgens berigte die eienaar van die vulstasie by Tom’s Place-oord by Tierpoortdam buite Bloemfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.