Bloemfonteiners betoog teen duur elektrisiteit

bloemfonteinInwoners van Bloemfontein en die burgerregte-organisasie AfriForum sal Donderdag in Bloemfontein betoog teen onder meer CENTLEC se buitensporige hoë elektrisiteitstariewe in die Mangaung Metro-munisipaliteit.

Volgens CW Els, AfriForum se organiseerder vir die Vrystaat, beskou die munisipaliteit die optog in ʼn ernstige lig. “Die munisipaliteit het aangedui dat hulle van die optog gebruik sal maak om antwoorde te verskaf aan die gemeenskap. Die vinnige reaksie van die munisipaliteit is beslis vir ons ʼn teken dat die Mangaung Metro die inwoners van Bloemfontein se belange op die hart dra, en dat samewerking tussen munisipaliteite en organisasies tog moontlik is,” het Els gesê.

AfriForum gaan ook in gesprek tree met CENTLEC om die kwessie van elektrisiteitsmeters te bespreek. “Dit blyk of die grootste probleem is dat daar onduidelikheid is oor wie verantwoordelik was vir die keuse van die tipe meters wat geïnstalleer is.”

AfriForum het inwoners genooi om 10:00 by die Bram Fischer-gebou op die hoek van Nelson Mandela & Markgraafstraat bymekaar te kom om die oorhandiging van ʼn memorandum by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.