Bloemfonteinse skoolmeisie deur taxi doodgery

Argieffoto

ʼn 10-jarige meisie is Vrydagoggend dood nadat ʼn taxi haar in Bloemfontein raakgery het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het in Eeufeesweg, Bloemspruit, plaasgevind.

“Die meisie in haar skooluniform was op pad skool toe toe die taxi haar in die middel van Eeufeesweg raakgery het. Haar liggaam is vir sowat 100 meter onder die taxi gesleep voor dit losgekom het. Sy het veelvoudige en noodlottige beserings opgedoen. Die taxi het eers 200m van waar haar liggaam losgekom het, tot stilstand gekom,” het Jackson gesê.

Die meisie was reeds dood toe paramedici op die toneel opdaag. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.