Blou babakamer vir Karlien en Derick

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar rugbyspeler-man, Derick Hougaard, wat onlangs ʼn dubbele verrassing gekry toe hulle die ginekoloog vir hul swangerskap-sonar besoek het, het Maandag uitgevind dit is twee seuns.

Hougaard het Maandagmiddag getwiet: “2 Bulletjies!! My prinsessie nog in Jesus se hande. :)” [sic]

Ronel Brink, Karlien se ma en bestuurder, het daarna getwiet: ”Haha! En daar laat weet @derickhougaard julle. Ja, hierdie ouma kry nog twee seuntjies!! @KarlienVanJ bly die prinses tussen haar 3 prinse!”

Gelukwense het hierna ingestroom.

Maroela Media het onlangs berig dat Karlien en Derick uitgevind het dat hulle ʼn tweeling verwag. Karlien het die nuus verbloem deur te twiet: “Die sonar was WONDERLIK WONDERLIK AMAZING AMAZING”. Sy het kort daarna die nuus op Twitter bevestig: “Dankie vir almal se seënwense vir ons twee babatjies. Dis ʼn wonderlike voorreg. Ek bid God se beskerming oor hulle”.

Derick het geskryf: “So ‘n groot blessing.   Dankie almal vir julle bitterlike mooi boodskappe… Voel so opgewonde!!”

Karlien het op 10 Junie uitgevind sy is swanger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.