Blou Bul-moordverhoor begin eers 5 September

Die Blou Bul-stut Bees Roux tydens 'n hofverskyning vroeër vanjaar. Foto: SAPA

Die moordverhoor van die Blou Bul-stut Bees Roux sal van 5 tot 9 September in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind.

Daar is aanvanklik vroeër vanjaar vasgestel dat die verhoor van 1 tot 5 Augustus sou plaasvind. Roux se regsverteenwoordiger Rudi Krause sê egter dat die datum hulle nie gepas het nie en dat die staat voortgegaan het met die akte van beskuldiging en die vasstel van ʼn verhoordatum sonder hulle medewete. Krause sê hulle het aansoek gedoen vir ʼn alternatiewe datum aangesien hulle advokaat nie beskikbaar was vir die aanvanklike datum nie. Hy sê Roux het nie vandag in die hof verskyn nie en sal eers weer op % September wanneer die verhoor begin. Roux word beskuldig van die moord op die sers Ntshimane Johannes Mogale (38) van die Tshwane-metropolisie. Roux het glo in die vroeë oggendure van 27 Augustus verlede jaar Mogale met sy kaal hande doodgemaak nadat hy na bewering deur die metropolisie afgetrek is vir dronkbestuur. Roux is verlede jaar op borgtog van R100 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.