Blou Bul-moordverhoor: pleit-onderhandelinge duur voort, saak uitgestel

Die Blou Bul-stut, Bees Roux, tydens 'n hofverskyning vroeër vanjaar. Foto: SAPA

Die moordverhoor van die Blou Bul-stut Bees Roux is Woensdag uitgestel terwyl onderhandelinge tussen sy regspan en die staat voortgaan.

Roux sal weer Vrydag in die Pretoria landdroshof verskyn. Volgens berigte is Roux se regspan en die staat besig om te onderhandel oor die moontlikheid van ʼn pleitooreenkoms. Die pleitooreenkoms sal glo behels dat Roux skuldig pleit op aanklag van strafbare manslag en dus ʼn ligter vonnis ontvang. Roux is vanoggend deur sy ouers, sy twee susters en sy vriendin in die hof bygestaan. Roux word beskuldig van die moord op sers Ntshimane Johannes Mogale (38) van die Tshwane-metropolisie. Roux het glo in die vroeë oggendure van 27 Augustus verlede jaar Mogale met sy kaal hande doodgemaak nadat hy na bewering deur die metropolisie afgetrek is vir dronkbestuur. Roux is verlede jaar op borgtog van R100 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.