Blou Bul-moordverhoor wéér vertraag, onderhandelings duur voort

Die Blou Bul-stut Bees Roux tydens 'n vroiuge hofverskyning. Foto:SAPADie moordverhoor van die Blou Bul-stut Bees Roux is Vrydag wéér vertraag nadat die verdediging en die staat gevra het vir uitstel vir verdere onderhandelings.

Regter Nomonde Mngqibisa-Thusi het die saak tot 14:00 uitgestel. Geen van die partye wou bevestig of die onderhandelinge ʼn moontlike pleitoorenkoms insluit nie. Die verhoor is Woensdag ook uitgestel vir onderhandelings tussen die verdediging en die staat. Roux is Vrydag weer in die hof bygestaan deur sy vriendin Carien du Toit. Die pleitooreenkoms sal glo behels dat Roux skuldig pleit op aanklag van strafbare manslag en dus ʼn ligter vonnis ontvang. Roux word beskuldig van die moord op sers Ntshimane Johannes Mogale (38) van die Tshwane-metropolisie. Roux het glo in die vroeë oggendure van 27 Augustus verlede jaar Mogale met sy kaal hande doodgemaak nadat hy na bewering deur die metropolisie afgetrek is vir dronkbestuur. Roux is verlede jaar op borgtog van R100 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.