Blou Bul sterf in motorongeluk

Nico van Vuuren verongeluk ná rooftog. Lees die nuutste oor die storie hier.

Nico van Vuuren. Foto: www.bluebulls.co.za

ʼn Speler van die Vodacom Blou Bulle se o.21-rugbyspan is Saterdag in ʼn motorongeluk oorlede.

Die Blou Bulle het op sy webtuiste aangekondig dat Nico van Vuuren (20) Saterdag in ʼn motorongeluk in Komatipoort in Mpumalanga oorlede is. “Die BBRU se gebede en gedagtes is by sy ouers en familie.” Van Vuuren het stut of haker vir die Bulle gespeel. Hy is ʼn oud-leerling aan die Hoërskool Nelspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.