Blou bulletjie vir Morné Steyn

Morné Steyn en sy vrou, Christelle. Foto: Morné se profielfoto op Twitter

Morné Steyn en sy vrou, Christelle, se babaseuntjie is Woensdag gebore.

Die klein Jovan het boonop op sy pa se verjaardag sy verskyning gemaak. Steyn, losskakel vir die Bulls, het vroeg Woensdag op Twitter laat weet: “By die hospitaal. Wag vir ons babaseun om in die regte wêreld by ons aan te sluit! Dankie almal vir die tweets, waardeer die ondersteuning!! God seën!”

Arno Jordaan, sanger en peetpa van Jovan Steyn, het net ná 10:00 getweet: “Baie geluk aan @mornesteyn en stella met jovan wat vanoggend gebore is op sy b-day!!grootvooreg vir my en @lizaniepohl om peetouers tewees [sic]”.

Steyn en sy skoolliefde, Christelle van Zyl, is in Oktober 2009 by Sun City in Noordwes getroud.

Hier is klein Jovan:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.