Blouapies maak amok by Durbanse hospitaal

'n Trop van die blouapies buite die hospitaal

Blouapies steel kos en medisyne wat vir pasiënte by die Wentworth-hospitaal in Durban bestem is.

“Ons het al hulp gesoek, maar niemand kon ons tot dusver help nie. Ons weet glad nie hoe om die situasie te benader nie,” het dr. Suriya Kader, hoof uitvoerende beampte gesê. ʼn Verpleegster het die apies as ʼn “harige splinter-en-spaander bende” beskryf. Die apies gryp die medisynebottels en drink dan daarvan. Een pasiënt het gesê die apies weet presies wanneer etes bedien word en daag dan op dié tye op, het die Daily Sun Donderdag berig. “Hul gryp selfs ons medikasie, vermoedelik omdat hul dink dit is lekkergoed,” het die pasiënt gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.