Bloulig-ampsvoertuig tref matriekseun

ʼn Tienerseun is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy glo deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery is in Krugersdorp.

Beeld berig Thomas Ferreira (18) was Saterdagoggend op sy motorfiets onderweg na Randfontein, wes van Johannesburg, toe hy deur ʼn wit BMW X5 raakgery is. Hy is na die Krugersdorp-hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Volgens ʼn ooggetuie, Lizanne van Wyk, het die BMW ʼn rooi verkeerslig verontagsaam. Van Wyk sê daar was slegs een persoon in die motor en dat dit nie sirenes gehad het nie maar wel ʼn blou lig. Mmemezi se woordvoerder, Victor Moreriane, sê die polisie het bevestig dat Mmemezi nie in die motor was ten tyde van die ongeluk nie. Die bestuurder van die motor is in die hospitaal opgeneem met nek- en skouerbeserings. Die polisie ondersoek die saak.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.