Mmemezi het aan Beeld gesê Ferreira is ’n bewys dat wonderwerke nog gebeur. Mmemezi se ampsmotor het Ferreira op 5 November verlede jaar van sy motorfiets afgery in Krugersdorp. Ferreira was vir lank in ʼn koma na die botsing en sterk steeds aan by ʼn rehabilitasiesentrum. Mmemezi wou egter nie veel aan die koerant sê oor die ongeluk en waarom hy dadelik deur sy lyfwagte van die toneel verwyder is nie aangesien dit steeds deel uitmaak van die polisie se ondersoek. Hy het wel bevestig dat Ferreira se motorfiets die passasierdeur waar hy gesit het, getref het en dat hy beserings aan sy linkerbeen opgedoen het. Mmemezi sê egter dat daar jaarliks sowat 14 000 mense op die land se paaie sterf en dat dié ongeluk ʼn “botsing nes enige ander botsing was en nie verpolitiseer moet word omdat daar ʼn bloulig-voertuig betrokke was nie.”
Lees meer hier.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
[…] Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie Bloulig-tiener sterk aan Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer Bloulig-tiener: departement […]