Bloulig-saak: Bestuurder gevonnis

Thomas Ferreira

Thomas Ferreira

Joseph Motsamai Semitjie, lid van die BBP-eenheid van die polisie wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets afgery het, sal na verwagting vandag in die Krugersdorp-landdroshof gevonnis word.

Semitjie staan tereg op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes op ’n ongelukstoneel te verleen en dat hy beserings veroorsaak het. Semitjie het die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destyds Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, bestuur en glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam toe hy in Thomas se motorfiets vasgeploeg het. Semitjie beweer hy moes Mmemezi na ʼn vergadering haas en dat hy opdrag gekry het om blou ligte te gebruik. Ferreira het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rondom Lelik ·

Gister twee BMW voertuie sirenes en blou ligte aan oor al wat robot en stopstraat sien ry en beslis nie teen 60 kmp nie. Beslis nie nood voertuie nie.
Dit is mos hulle land en kan maak net wat hulle wil.

AmY ·

Uiteindelik het geregtigheid geskied. Dit gaan nie Thomas se “ou lewe” terug bring nie, maar die gesin kan nou daarin berus dat iemand sal betaal vir wat aan Thomas gedoen is.

Henko ·

Uiteindelik. Mens kan nie glo hierdie saak het so lank gesloer nie. Mag reg en geregtigheid ook hier geskied.

Jasper ·

Kry vir jou, groot meneer. Net jammer dat jy nie n gewete het wat jou kan ry nie.

Nico ·

Mmemezi is die eintlike skuldige wat weens sy disrespek vir stiptelikheid die bestuurder van die voertuig sy Afrika horlosie weer pap battery het. Nietemin gee dit geen mens die reg om soos ‘n hooligan te bestuur net omdat jy ‘n blou lig op jou dak het nie. Laat die lam vaak dikkes maar laat kom by hulle “important meetings” sodat hulle ‘n bietjie kultuur en waardes kan leer. Hopenlik word ons paaie dan ook weer veilig om te gebruik, vry van padvarke en wetteloosheid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.