Bloulig-saak: Bestuurder hoor lot

Joseph Motsamai Semitjie Dinsdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Joseph Motsamai Semitjie Dinsdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Uitspraak is Dinsdag gelewer in die saak teen Joseph Motsamai Semitjie, lid van die BBP-eenheid van die polisie wat Thomas Ferreira in November 2011 van sy motorfiets afgery het.

Landdros Abdul Khan het Semitjie skuldig bevind op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur. “Die beskuldigde word skuldig bevind aan roekelose en nalatige bestuur. Hy het ook versuim om bystand aan die beseerde op die ongelukstoneel te verleen,” het Khan gesê.

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, Dinsdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Priscilla en Paul Ferreira, Thomas se ouers, Dinsdag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Semitjie het tereg gestaan op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes op ’n ongelukstoneel te verleen en dat hy beserings veroorsaak het. Semitjie het die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, destyds Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, bestuur en glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam toe hy Thomas se motorfiets getref het. Semitjie beweer hy moes Mmemezi na ʼn vergadering haas en dat hy opdrag gekry het om blou ligte te gebruik. Ferreira het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen.

Thomas Ferreira

Thomas Ferreira

Khan het Dinsdag gesê Semitjie het roekeloos opgetree deur slegs die blou ligte van die ampsvoertuig aan te skakel en nie van die voertuig se sirene gebruik te maak om ander padgebruikers te waarsku nie. “Hy het ook roekeloos opgetree deur te versuim om seker te maak die kruising was veilig voor hy dit binnegegaan het, en het daarvoor ʼn gevaar vir homself en ander padgebruikers veroorsaak.”

Khan het gesê die hof het alle getuienis van ʼn staatsgetuie aanvaar, aangesien Ferreira nie in ʼn toestand was om self te getuig nie.

Volgens die staatsgetuie was dit onmoontlik om te aanvaar dat Semitjie die kruising gaan oorsteek, aangesien hy nié sy sirene aangehad het nie.

Semitjie het ook geen gevorderde bestuurkwalifikasies nie en het opgetree asof hy een het, terwyl geweet het dat hy nie bekwaam is nie, het Khan gesê.

Semitjie se straf moet nog bepaal word.

Lees ook:
BBP-bestuurders moet doen wat BBP sê, hoor hof
Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek
Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GypsyZ ·

Wel dis vir ‘n verandering ‘n bietjie goeie nuus. Wat minder goed is, is dat Humphrey Mmemezi nie ook vervolg is nie, aangesien hy blykbaar die opdrag gegee het. En van wanneer af is laatwees vir ‘n vergadering geldige rede vir ‘n blou lig? Wat van ‘n bietjie vroeër opstaan…?

Eben ·

Humphrey Mmemezi moet ook vervolg word en saam betaal vir die laat kommery van die vergadering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.