Bloulig-skietery: Lyfwag al vroeër skuldig aan poging tot moord

bloulig-320x203‘n Burgemeester se lyfwag wat van poging tot moord aangekla word, het glo nie aan die hof bekend gemaak dat hy voorheen skuldig bevind is aan poging tot moord nie, het die Mercury-koerant Vrydag berig.

Thulasizwe Mbanjwa en Sthembiso Mokoena het glo verlede week op die N3 op ‘n motoris losgebrand toe hulle Yusuf Bhamjee, burgemeester van die Umgungundlovu-distrik, vervoer het. Hulle het Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn, maar volgens die berig het Mbanjwa en sy prokureur versuim om die hof in te lig dat hy in 1999 tot sewe jaar tronkstraf gevonnis is vir poging tot moord op die voormalige ANC-lid Sifiso Nkabinde.

Volgens wet is ‘n beskuldigde verplig om die hof in te lig van enige vorige skuldigbevindings.

Volgens die koerant het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê ‘n volledige verklaring sal uitgereik word “sodra alle inligting bekom is”.

Die twee mans is op borg van R5 000 elk vrygelaat en landdros Wendolyn Robinson het die saak tot 18 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Lees ook:
Bloulig-skietery: Lyfwagte vas vir poging tot moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

german ·

Van wanneer af kry ‘n reeds veroordeelde op so ‘n erge aanklag soos poging tot moord – borgtog? Dit hoort in die Guinees Book of Records! SA is die enigste land in die wereld waar so iets sal gebeur.

Jasper ·

Hy is n krans. .. ag ek bedoel n Burgermeester se lyfwag en hulle kontroleer nie eers self sy misdaadrekord nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.