Bloulig-skietery: Lyfwagte vas vir poging tot moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee lyfwagte van ʼn burgemeester het in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, het die Witness-koerant Dinsdag berig.

Die twee mans, Thulasizwe Mbanjwa en Sthembiso Mokoena, het glo verlede week op die N3 op ʼn motoris losgebrand terwyl hulle Yusuf Bhamjee, burgemeester van die Umgungungdlovu-distrik, vervoer het.

Volgens die koerant het die mans se prokureur, Sphiwe Mncwango, Maandag aan die hof gesê dat sy kliënte oortuig was dat die burgemeester se lewe in gevaar was. “Hulle was dus geregtig om op die motoris te skiet,” het Mncwango gesê.

Die twee verdagtes is op borg van R5 000 elk vrygelaat en landdros Wendolyn Robinson het die saak tot 18 November uitgestel vir verdere ondersoek.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hans ·

So ja die Burgemeester van ‘n dorp kry dieselfde behandeling as ‘n president en die belasting betalers moet hoes. Nou is hulle vrygelaat en gaan definitief die persoon wat hulle aangekla het soek en dreig. Hoe word die mense opgelei en hoe weet hulle wanneer is iemand se lewe in gevaar. Mnr Mncwango (of moet ek se MnKWAKo) jy hap na wind my ou. Was die burgemeester ooit op offisieele besigheid of het hy net weer soos talle ander die belasting betaler se geld gemors

Jasper ·

Kom ek probeer ander kommentaar opsit.
Mag behep sodra n donkerbril en uniform ter sprake is.
Regte Idi Amin mentaliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.