Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop

Thomas Ferreira

Die Krugersdorp-landdroshof het Woensdag gehoor dat Humphrey Mmemezi se bestuurder wat Thomas Ferreira in 2011 omgery het, twee keer sy BBP-gevorderdebestuurskursus gedop het.

Kapt. Johannes Stassen, bevelvoerder van die gevorderdebestuuropleidingsentrum, het in die hof getuig dat die bestuurder, Joseph Semitjie, die kursus voor en ná hy Ferreira omgery het, gedop het. Semitjie word aangekla van roekelose of nalatige bestuur, het The Star Donderdag berig.

Stassen was ʼn bestuurder vir drie voormalige presidente. Volgens sy getuienis in die hof het die sentrum aanbeveel het dat Semitjie, nadat hy die kursus gefaal het, nie hoë-profiel BBP-vervoerpligte moet uitvoer nie. Stassen het egter getuig dat hy slegs beperkte gesag het waarvoor bestuurders ontplooi word.

Moses Rankoa, Semitjie se prokureur, het aan die hof gesê sy kliënt se bevelvoerder sou hom nie opdrag gegee het om Mmemezi rond te ry indien die slaag van die BBP-kursus ʼn voorvereiste was, of indien Semitjie nie bevoeg was nie.

Semitjie het Mmemezi, voormalige LUR vir plaaslike regering en behuising, se ampsvoertuig, ’n BMW X5, bestuur. Thomas (toe 19) is op 5 November 2011 op sy motorfiets by ʼn verkeerslig in Krugersdorp deur dié voertuig omgery.

Ferreira was tydens die ongeluk ʼn matriekleerling aan ʼn hoërskool in Krugersdorp, en besig met sy eindeksamen. Hy het ernstige breinbeserings opgedoen, en was vir weke lank in ʼn koma.

Die saak is tot 29 Augustus uitgestel.

Lees ook:
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.