Bloulig-tiener: LUR het blou ligte versoek

Thomas Ferreira

Thomas Ferreira

Humphrey Mmemezi, voormalige LUR van Gauteng, het glo opdrag gegee dat die blou ligte op sy ampsvoertuig aangeskakel moet word voordat hulle in ‘n ongeluk met die motorfietsryer Thomas Ferreira betrokke was, het die Krugersdorpse landdroshof Donderdag gehoor.

Die LUR het die opdrag glo aan sy bestuurder, Joseph Semitjie gegee voordat hulle op die dag van die ongeluk in November 2011 by sy huis weg is. “Ons het nie die blou ligte gebruik wanneer ons wou nie, die LUR het ons aangesê om dit te doen,” het Semitjie se vorige kollega, Nomakhosi Onica Mashifane aan die hof gesê.

Semitjie staar aanklagte van roekelose of nalatige bestuur in die gesig en dat hy nie bystand aan ‘n beseerde persoon verleen het nie.

Mashifane, wat ook nie haar gevorderdebestuurskursus afgelê het nie, het gesê hulle het stopstrate verontagsaam toe hulle die LUR na sy vergadering vervoer het, omdat hulle haastig was. Sy sê toe hulle by Paardekraalrylaan in Krugersdorp gekom het, het hulle die sirene aangeskakel om ander motoriste te waarsku. “Die motoriste uit verskillende rigtings het gestop toe hulle die sirene hoor en ons het gesien dit is veilig vir ons om te ry,” het sy gesê. Terwyl hulle gery het, het hulle ‘n geluid links van die voertuig gehoor. “Ons was reeds deur die kruising toe ons die geluid gehoor het en ons voertuig is links agter getref.”

Ferreira was op sy motorfiets toe Semitjie glo links van die geel lyn met die BMW X5 gery en ‘n verkeerslig verontagsaam het. Ferreira, wat in Windsor-rylaan was, het die voertuig getref.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Bloulig-tiener moet glo aangekla word; Mmemezi was laat vir vergadering
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Bloulig-tiener: Bestuurder glo meer besorg oor kar as oor Thomas
Bloulig-tiener se LUR koop nou glo skildery van R10 000 deur McDonald’s
Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla
Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Bloulig-tiener sterk aan
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Bloulig-tiener: departement moet nog hospitaalrekeninge betaal
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp
Gesin wag steeds op hulp na bloulig-kar seun tref
Bloulig-kar: Tiener se skade lyk permanent, premier wil steeds betaal
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is ondergaan operasie
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Die volgende voertuig waarin hulle gaan vasfoeter is n Oshkosh van voor af.

Eben ·

Van wanneer af mag LUR oor stop strate en rooi verkeers robot(te) ry omdat hulle haastig is. Wat gebeur met my en jou as ons dit doen? Nee wat hou hulle verantwoordelik met alles en laat hulle die hoogste prys betaal. Humphrey Mmemezi jy wat die toestemming gegee het, mag 10 woestyn kamele se vlooie op jou spring voor jy self verongeluk. Jy lae luis gemors!

Thomas Ferreira hoop jou regspan roer hulle dat hulle sal betaal die res van hul lewens. Sterkte aan jou!

Sommer net Ek.. ·

Die storie pla my van die heel eerste dag af wat die nuus gebreuk het..! Die staad alla regering keer vir hierdie tipe van berigte – waarom nog nie ‘n plan gemaak en Thomas Ferreira en sy mense genader om te skik waar die deur toe is nie…maak nie sin nie!

Verde nog – die “LUR” is so verhewe bo die wet dis net nie waar nie…die LUR het die reg om bo die wet op te tree en dood eenvoudig die ligte die opdrag gee om vir ons te sê – STOP JY , ek is oppad na ‘n vergadering toe – die vermeetelheid!!!

Dit wys my en jou – die gewone ou wat BTW betaal – hoe agter die tyd ons eintlik is – want as die LUR nou die wet so kan buig en omskryf – kan jy dink wat kan ons hubare President nie alles reg kry nie? Gaan ry in President straat in Pretoria – stop onder ‘n boom en wag so rukkie – jy sal jou hande saam slaan – as jy SIEN hoeveel van die bloulig outjies op en af beweeg – ! Scary – eintlik.

Maar daar is ek weer van die punt af…WAAROM het die LUR en die se gevolg nog nie hierdie ene onder die tafel deur probeer werk nie. !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.