Bloulig-tiener se bestuurder uiteindelik aangekla

Die bestuurder van die blouligmotor wat Thomas Ferreira glo op sy motorfiets omgery het, is uiteindelik strafregtelik aangekla.

Joseph Modomai Semietjie was glo die bestuurder van LUR Humphrey Mmemezi se ampsvoertuig, ’n BMW X5, wat Thomas (19) op 5 November verlede jaar in Krugersdorp omgery het, berig Beeld. Semietjie sal na verwagting op 19 Junie in die landdroshof in Krugersdorp verskyn. Volgens Phindi Louw, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) word hy aangekla van roekelose of nalatige bestuur, die plig van ’n bestuurder om die omvang van beserings te bepaal, om enige beseerde persoon tot die beste van sy vermoë te help en om die omvang van enige skade wat tydens die ongeluk aangerig is, te bepaal.” Thomas se ma, Priscilla Ferreira sê dit is “baie goeie nuus”. Semietjie was tot nog toe in aktiewe diens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.