Bloulig-tiener se LUR alweer in die sop

Humphrey Mmemezi

Humphrey Mmemezi, LUR vir behuising en plaaslike regering is weereens in die sop nadat hy Vrydag van finansiële wanbestuur aangekla is.

Mmemezi het glo meer as R200 miljoen van die departement van menslike nedersetting se fondse vir sekuriteitsdoeleindes en uitgewerskostes aangewend het, berig EWN. Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) het die LUR R300 000 op sekuriteit vir sy huis in Krugersdorp, Gauteng, spandeer. ʼn Verdere R8 miljoen is glo spandeer om kringtelevisiekameras in sy kantoor te installeer.

Die LUR is boonop tans die fokus van ʼn ondersoek wat verband hou met bedrog op sy regeringskredietkaart. Hy het na bewering R10 000 aan ʼn McDonalds-kitskosrestaurant betaal om ʼn skildery te bekom.

Jack Bloom van die DA sê die tyd het aangebreek dat Nomvula Mokonyane, Gauteng-premier, Mmemezi moet afdank. “Solank as wat hy [Mmemezi] werksaam is, en meer skandale openbaar gemaak word, sal die departement se beeld en bewind in die provinsie daaronder ly. Die DA versoek dat hy óf bedank, óf afgedank moet word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.