Bloulig-tiener se LUR bedank

Humphrey Mmemezi

Humphrey Mmemezi, omstrede LUR vir behuising in Gauteng het bedank, het die ANC Woensdag in ‘n verklaring gesê.

Mmemezi het gesê hy is spyt oor besluite wat hy rakende sommige persoonlike aankope met sy departementele kredietkaart gemaak het, berig EWN. Bewerings is in die openbaar teen hom aanhangig gemaak, insluit die misbruik van ‘n amptelike voertuig en wat met sy vorige pos by Mogale plaaslike munisipaliteit verband hou.

Mmemezi hou vol dat sommige bewerings vals is.

Dumisa Ntuli, woordvoerder van die ANC, sê Mmemezi het Woensdag bedank en die party het sy bedanking aanvaar. Jack Bloom van die DA sê egter die saak is nie afgehandel nie. “Daar moet behoorlik rekenskap gegee word. Die DA versoek dat ‘n ondersoek na al sy beweerde misdrywe van stapel gestuur word,” het hy bygevoeg. Bloom sê Mmemezi moet krimineel vervolg word indien hy skuldig bevind word. “Ons kan dit nie duld dat mense net bedank en alle bewerings word dan teruggetrek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.