Bloulig-tiener se LUR in nóg ʼn ongeluk

Humphrey Mmemezi

Die LUR, wie se ampsvoertuig glo in November verlede jaar vir Thomas Ferreira omgery het, was glo ses dae later met ʼn ander staatsvoertuig in nog ʼn ongeluk betrokke.

The Star berig dat die Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, Humphrey Mmemezi, op 11 November in KwaZulu-Natal met ʼn staatsvoertuig in ʼn ongeluk betrokke was waartydens die motor meer as R100 000 se skade opgedoen het. Die versekering, wat verantwoordelik is vir die beskerming van provinsiale staatsbates, weier nou glo om die eis te betaal aangesien Mmemezi nog nie ʼn ongeluksverslag ingedien het nie. Die motor, ʼn BMW X5, staan nou glo en stof opgaar. Die ongeluk het glo ses dae nadat Mmemezi se ampsvoertuig die 18-jairge Ferreira van sy motorfiets afgery het, plaasgevind. Ferreira is ernstig beseer en het weke in die hospitaal spandeer voor hy na die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum oorgeplaas is waar hy steeds behandeling ontvang. Die bestuurder van Mmemezi se motor het glo ʼn rooilig verontagsaam. Die bestuurder is van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Mmemezi het verlede maand gevra dat die Ferreira-ongeluk soos enige ander ongeluk behandel moet word. Mmemezi het gesê dat daar jaarliks sowat 14 000 mense op die land se paaie sterf en dat dié ongeluk ʼn “botsing nes enige ander botsing was en nie verpolitiseer moet word omdat daar ʼn bloulig-voertuig betrokke was nie.” Mmemezi was die bestuurder van die motor wat in die KwaZulu-Natal ongeluk betrokke was. Mmemezi beweer hy het agter ʼn taxi gery het en dat die taxi aangedui het dat hy links wil draai maar toe skielik links gedraai het toe Mmemezi hom wou verbysteek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.