Bloulig-tiener sterk aan

Thomas Ferreira

Die langdurige uitwerking van die breinbeserings wat die matrikulant opgedoen het toe hy in November deur ʼn BBP-voertuig omgery is sal binne twee jaar bepaal kan word, het Beeld Saterdag berig.

“Daar mag dalk langdurige nagevolge vir sy verdere opleiding en beroep wees, maar dit is nog te vroeg om dit met sekerheid te sê,” het die tiener se dokter, Kris Mon, aan die dagblad gesê. “Dit kan sy intellektuele en kognitiewe vermoë beïnvloed.” Mon sê sy vordering is bevredigend. Thomas Ferreira (19) het verlede jaar op sy motorfiets gery toe hy in ʼn ongeluk met Humphrey Mmemezi, LUR vir behuising, se amptelike voertuig betrokke was. Ferreira sterk aan by die Riverfield Lodge rehabilitasie-eenheid in Randburg, noord van Johannesburg. Polisie het op 9 November bevestig dat ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur teen die bestuurder aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.