Bloulig-tiener weer in hospitaal, steeds geen hulp

Thomas Ferreira. Foto: Facebook

Thomas Ferreira, wat verlede maand deur ʼn LUR se ampsvoertuig raakgery is in Krugersdorp, is Donderdag weer in die hospitaal opgeneem.

The Star berig dat Ferreira, wat vroeër na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas is, het ‘n hoë koors ontwikkel en is omstreeks 14:00 Donderdagmiddag weer in die Krugersdorp-hospitaal opgeneem. “Hy het ‘n hoë koors en hulle het besluit dit is beter dat hy teruggaan hospitaal toe,” het Paul Ferreira, sy pa, gesê. Die departement van behuising het intussen Vrydag gesê dat hy nog nie enige van Ferreira se mediese onkostes betaal het nie. Die hoof van die departement, Mongezi Mnyani, sê hulle moet steeds met die Ferreira-gesin ontmoet om Thomas se mediese onkostes te bespreek. Hy sê die departement sal vroeg volgende jaar met die gesin ontmoet. Die rehabilitasiesentrum waarna Ferreira vroeër oorgeskuif is, beloop glo nagenoeg R120 000 per maand.

Ferreira is op Saterdag 5 November op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery. Hy is na die hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Die bestuurder van die voertuig, Semitsi Modomai, het Mmemezi vervoer en het glo die motor se bloulig aangesit om ʼn rooi verkeerslig oor te steek toe hulle teen Ferreira gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.