Blouligbende: 6 vermeende lede vas

Ses vermeende lede van ʼn sogenaamde blouligbende is Woensdag deur die Gautengse polisie in hegtenis geneem. Na wat verneem word, is een van die provinsie se mees gesoekte misdadigers onder dié ses.

Volgens EWN is die mans is tydens ʼn spesiale operasie vroeg Woensdagoggend vasgetrek. Daar is beslag gelê op verskeie rewolwers en ʼn sirene wat vermoedelik tydens onwettige jaagtogte gebruik is.

Die polisie het sedert Mei patrollies vermeerder na dit aan die lig gekom het dat rowers hulself as polisiebeamptes voordoen, motoriste van die pad aftrek en hulle dan beroof.

Die mans gaan binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.