BMW herroep 1,3 miljoen voertuie

BMW 6-reeks (E63) vervaardig tussen 2003 en 2010

BMW het Maandag aangekondig dat hulle sowat 1,3 miljoen voertuie wêreldwyd herroep, het EWN berig.

Ongeveer 12 000 van dié voertuie is in Suid-Afrika verkoop. Die maatskappy het dit egter duidelik gestel dat dit slegs ʼn voorkomingsmaatreël is en dat niemand weens die fout beseer is nie. Voertuie wat hierdeur geraak word, is die vorige generasie 5 en 6 reeks wat tussen 2003 en 2010 gebou is. Volgens Guy Kilfoil van BMW is die batterykabel moontlik in sommige voertuie verkeerd bedek. Dit kan glo daartoe lei dat die elektriese stelsel onklaar raak. Kilfoil het gesê dat meeste eienaars briewe van die voertuigvervaardiger af sal ontvang. In Januarie het BMW meer as 200 000 Mini Cooper-modelle herroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.