BMW herroep 45 500 voertuie

BMW gaan 45 500 van sy 7-reeks-voertuie herroep om ‘n regstelling van ‘n fout te doen wat parkeerde motors glo laat wegrol.

Modelle van outomatiese voertuie, wat in 2005 – 2008 vervaardig is, het glo ‘n fout wat veroorsaak dat die motor nie in die “parkeer”-posisie bly nie, berig Reuters. Die fout word glo veroorsaak deur ‘n sagteware probleem op motors wat met ‘n sleutellose aansluiting en die “Comfort Access”-opsie toegerus is.

Die motors is ontwerp om outomaties die ratkas na die parkeer-posisie te skuif wanneer die bestuurder die “Stop/Start”-knoppie druk, of die enjin afskakel. In sommige gevalle, wanneer die bestuurder die knoppie twee of drie keer na mekaar druk, kan die ratkas moontlik na neutraal, in plaas van parkeer, skuif. “Indien die bestuurder uit die voertuig klim terwyl die motor in “neutraal” is, en die handrem nie opgetrek is nie, kan die voertuig wegrol,” het die nasionale snelweg verkeersveiligheidsadministrasie gesê. BMW sê hy sal voertuigeienaars, hoofsaaklik baseer in Noord-Amerika, in November van die probleem in kennis stel. Handelaars sal egter eers in Maart 2013 in staat wees om die sagteware probleem op te los.

BMW het verlede week 7 485 motors van 7-reeks-modelle, wat tussen 2004 en 2007 vervaardig is, herroep nadat deure glo, ook weens ‘n sagteware probleem, nie dig wou sluit nie. Dié motors is met die “Comfort Access”- en “Soft Close Automatic”-opsies toegerus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.