Bob Hewitt sê hy is onskuldig

Bob Hewitt

Voormalige Grand Slam tennis-dubbelkampioen Bob Hewitt het bewerings ontken dat hy jong meisies, wat hy dekades gelede in Suid-Afrika afgerig het, seksueel molesteer het, het The Star Vrydag berig.

“Ek is onskuldig. Hierdie klagtes het my en my familie groot teenspoed besorg en, met my prokureur se toestemming, gaan ek mense dagvaar,” het hy glo gesê. Sy prokureur, adv. Terry Price, het ingestem. “Ons sal onskuldig pleit. Ons gaan sy onskuld bewys en ons sal die betrokke partye dagvaar,” het Price gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aan die Associated Press gesê ‘n dagvaarding is Saterdag op Hewitt (73) beteken. Hy is aangesê om op 16 Augustus weer in die Boksburg-landdroshof te verskyn. Volgens AP het Phindi Louw, woordvoerder vir die NVG, gesê Hewitt sal oor die klagtes ingelig word wanneer hy in die hof verskyn.

Hewitt staan midde ‘n lang ondersoek ná bewerings aan die lig gekom het dat hy, so lank gelede as in die 1970s, meisies glo mishandel en verkrag het.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.