Bobbejaan se kind dalk nie só slim

Bobbejane is “opvallend hardnekkig”, maar miskien nie so slim soos wat mense reken nie. Dit is die bevinding wat kenners vandag aan die Kaapstadse stadsraad voorgelê het na die stad hulp ingeroep het om ʼn moontlike oplossing vir hul bobbejaan-probleem te vind.

Kaapstad het die hulp van dr Elzette Jordan, ‘n veeartsenykundige wetenskaplike, en Bentley Kaplan, ‘n navorser, ingeroep omdat verskeie dele van die stad se toeriste-aantreklikhede deur bobbejane geteister word. “Bobbejane is opvallend hardnekkig en kan maklik ʼn meganiese uitdaging, soos om ʼn blikkie of asblik oop te maak, baasraak. Daar is egter min bewyse dat bobbejane deur nabootsing of ander onderrigmetodes geleer kan word,” het Kaplan gesê. Luidens navorsing leer bobbejane op twee maniere – deur aan te hou probeer en uit hul sosiale kringe.

“Volwasse bobbejane leer nie doelbewus die jonges hoe om asblikke te stroop nie. Die jong bobbejane volg eerder die volwassenes na stedelike gebiede, waar hulle die gedrag van die ouer bobbejane na-aap wanneer hulle asblikke oopmaak en deursoek,” het Kaplan gesê. Hy sê ook bobbejane assosieer kos met voorwerpe soos yskaste, kaste en sakke. “Vir die oomblik moet navorsing nog bewys dat bobbejane nie op ʼn meer komplekse vlak kan leer nie, maar niemand kan sê wat toekomstige ondersoeke kan bekendmaak nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.